Back to Top
Radio Laeveld Screenshot 0
Radio Laeveld Screenshot 1
Radio Laeveld Screenshot 2
Free website generator for mobile apps; privacy policy, app-ads.txt support and more... AppPage.net

About Radio Laeveld

Radio Laeveld het op 1 Maart 2003 vir die eerste keer ‘n vier jaar Gemeenskap Radio Uitsaailisensie ontvang om in die Laeveld op 100.5FM (die voormalige frekwensie van Radio Pretoria, nou Pretoria FM uit te saai). Die eerste uitsendings het op Op 31 Mei 2003 begin.

Deur die jare het Radio Laeveld verskeie nuwe baadjies aangetrek en staan vandag as 100.5FM Radio Laeveld bekend. ‘n Verskeidenheid van programme dek alle belangstellings van ons luisteraars in die Laeveld en is daagliks interaktief betrokke in die gemeenskap.

Ons uitsaaigebied dek Nelspruit, Witrivier, Graskop, Sabie Lydenburg, Malelaan, Baberton en omliggende dorpe soos Kaapsehoop, Kaapmuiden, Hectorspruit, Komatipoort, Skukuza, Hazyview en meer in.

Die teiken ouderdomsgroep is 35-55 (LSM 6-10) en sluit boere, kantoorwerkers, reisigers, verteenwoordigers, Klein- en -Medium besigheid eienaars en bestuurders, onderwysers, dokters, sport en buiteluglewe entoesiaste onder andere in.

Ons programme fokus op familie waardes met spesifieke fokus op gemeenskapsake.

Alhoewel ons hoofsaaklik in Afrikaans uitsaai verwelkom ons graag Engelse onderhoude en program inhoud.

Visie:
Ons visie is om die mees gerespekteerde en dinamiese gemeenskapsradiostasie in Suid Afrika te word.

Missie:
Ons missie is om die Christelike afrikaansprekende gemeenskap in ons kontrei met passie te vermaak, in te lig en te dien.

Ons waardes:
Ingelig, Innoverend,Inspirerend,Opreg,Entoesiasties.

Similar Apps

ChaiFM

ChaiFM

0.0

ChaiFM is Africa’s only Jewish community radio station and outside of Israel,...

Radio One

Radio One

0.0

Radio One is a community radio station servicing the Hillcrest, Kloof, Gillitts,...

WRFM

WRFM

0.0

Welcome to WRFM 105.9 - the best radio station in the...

Life Time Radio

Life Time Radio

0.0

This is an urban content driven radio station for the people of...

Hillcrest Live

Hillcrest Live

0.0

Hillcrest Live is a community app for Hillcrest, Durban, South Africa...

RLW

RLW

0.0

Rivers of Living Waters Ministries was founded by Archbishop Stephen and Pastor...

author
Enjoying the local info
Robin Jansma